News

Alles vernietig in verwoestende Vygiestraat huisbrand

Die gesin wat dakloos gelaat is na gister se verwoestende huisbrand het met swartsakke op die gras gesit waar hulle besef het dat so te sê alles vernietig is.

Me. Mariëtte Stapelberg wat as skakelpersoon namens die gesin optree het aan die Middelburg Observer vertel dat hulle gister met swartsakke op die grasperk gesit het om te kyk of hulle van die huisinhoud kon red.

“Soos ons die goed deur gegaan het, het ons agter gekom dat alles vernietig is.”

Die gesin van vyf bestaan uit Henno en Marissa Pretorius, en hulle drie kinders, wat ’n sewe-jarige dogtertjie, ’n drie-jarige dogtertjie en hulle vroeggebore twee-week oue seuntjie insluit.

“Die gesin het tydelik by ’n gemeubileerde woonstel by Merissa se ma ingetrek, en daar was genoeg klere geskenk,” het Mariëtte gesê.

Wat die gesin wel dringend nodig het is kruideniersware en Laerskool Kanonkop uniforms vir hulle dogtertjie (9 – 10 jaar).

Indien iemand graag iets wil skenk, kan Mariëtte gekontak word by 060 952 2786.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button