News

Vernon Barnard: Houvas aan geloof, hoop en liefde

Die bekende blinde sanger, Vernon Barnard, kuier vanaf 10-17 September op Middelburg.

Tydens sy vertonings sal hy musiek maak en ook sy getuienis lewer.

Hy het ’n video gestuur waarin hy die gemeenskap uitnooi om van die vertonings by te woon.

In die video maak hy melding dat hy en ’n vriend, Leon Vermaak saam ’n duo, genaamd ‘Neolodics’, begin het en hul eerste enkelsnit, “Undefeated” onlangs vrygestel het.
Leon het dit geskryf en Vernon sê dat gaan oor die mens se vermoeë om deur te druk.

Hy het genoem dat as dit goed gaan, is dit maklik om te glo. Maar as dit nie so goed gaan nie, is dit dan belangrik om vas te hou aan geloof, hoop en liefde. “Hou vas aan die waarheid.”

Vernon sal te sien wees by die volgende geleenthede:

• Op 10 September is hy by die NG Kerk, Suid-gemeente om 17:00. Vir navrae bel ds. Hardus van Niekerk by 082 493 4055.

• Op 12 September om 18:00 kan daar saamgekuier word by Inside Out en kan Carl gekontak word by 076 668 5728.

• Laerskool Staatspresident C.R. Swart se kuieroggend is op 14 September om 09:00. Skakel die skool by 013 282 6192.

• Dieselfde aand kuier hy om 18:00 saam met die jongmense in die jeuglokaal (Koffie Kroeg) van die Hervormde Kerk, Noord gemeente. Alle graad sewe tot 12 leerlinge word uitgenooi om te kom deel in hierdie besondere geleentheid.

• Piekniek onder die sterre by Corn & Cob op 16 September om 18:00. Navrae by Nicolien Vorster 079 106 4722.

• Hy is ook by Goodnews Ministries op 17 September tydens die diens om 10:00. Bel Leonora by 083 659 5845

Vernon sê hy sien vreeslik uit daarna om in Middelburg te kom kuier en sê hy is bereid om ook by ander plekke op die dorp op te tree.

Bel Carin du Plessis by 072 106 5231 vir besprekings.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button