Mense sak soos aasvoëls toe op kruideniersware na N4-ongeluk
Verminder spoed na die Middelburg Tolhek in eMalahleni se rigting.
Terwyl ‘n man ernstig beseer op ‘n ongelukstoneel lê het mense soos aasvoëls op die wrakstukke toegesak.
Die ongeluk het omstreeks 10:00 plaasgevind net na die Middelburg Tolhek, oppad na die Olifantsrivierbrug.

Die trok het omgeslaan en lê die vrag in die middelman en half oor die vinnige baan gestrooi.
Alhoewel die pad oop is in Middelburg se rigting, word verkeer belemmer deur mense wat stop om die vrag, meestal bokse waspoeier, te steel.

Motoriste word gemaan om stadiger te ry in die area terwyl die toneel opgeruim word.
- Foto’s is geneem deur Francois du Plessis en goedgunstiglik beskikbaar gestel vir publikasie

- Dit is die soveelste trokongeluk die afgelope week in die omgewing.
- Verlede Dinsdag is twee kinders en ‘n vrou dood in ‘n ongeluk tussen ‘n trok, twee bakkies en ‘n taxi. Veertien mense het beserings opgedoen.
Lees ook:
https://www.citizen.co.za/middelburg-observer/news/2023/09/12/ongeluk-op-n4-eis-kinders/
- Later dieselfde dag het twee mans wonderbaarlik die dood vrygespring op die ou Witbankpad toe hul voertuig ‘n trok getref het.
Lees ook:
- Donderdag het ‘n trok net ‘n entjie daarvandaan ook omgeslaan en is die trokdrywer en sy passasier hospitaal toe geneem met ernstige beserings.
Lees ook:
https://www.citizen.co.za/middelburg-observer/news/2023/09/14/trokdrywer-in-hospitaal-opgespoor/
