News

Mans met balaklawas en outomatiese wapens trek voertuie af

Motoriste het pas laat weet dat daar mans met balaklawas en outomatiese gewere, “wat lyk soos AK47’s” taxi’s aftrek op die Bethalpad, naby die hoofweg-brug.

Dit is die soveelste klagte wat ontvang word waar gesê is dat mans, geklee in swart met balaklawas aan, voertuie aftrek en wapens rondswaai.

’n Stemboodskap wat die rondte doen, sê die voertuie wat taxi’s aftrek, staan op drie plekke op die Bethalpad-opritte vanaf die N4 en onder die hoofweg-brug.
Die boodskap sê ook dat twee persone, een met swart klere en een met wit klere, albei “AK’47’s by hulle het.”

• Die afgelope paar weke het ’n jong paartjie gedink hulle word gekaap toe ’n voertuig voor hulle gestop het op die Loskopdampad en outomatiese wapens rondgeswaai het.
Later het dit aan die lig gekom dat dit ’n sekuriteitsoptrede was om “onwettige taxi’s wat gesteelde artikels vervoer, te stop.”

• Kort daarna was motoriste ooggetuie toe mans met outomatiese gewere uit voertuie gespring het in John Magagulastraat. Almal het ook swart gedra en het balaklawas gedra.

• Sowat drie weke gelede was ’n voertuig van Ayanda N Sekuriteit in ’n ongeluk op die Stoffbergpad betrokke en het ooggetuies gesien hoe die pasiënte en wapens van die toneel af verwyder word.

• Ook by die Middelburg Mall was ’n voorval waar ’n motoris en sy passasier voor ooggetuies deursoek en daar beslag gelê is op die voertuig.

• Ayanda N Sekuriteit is onlangs genader vir kommentaar oor die voorvalle, maar hulle wou nie kommentaar lewer nie.

Lees ook:

Mans met masjiengewere probeer jongmense kaap

Security guards’ reign of terror continues

Taxis reign with terror, threats and intimidation at mall

Stoffberg accident leaves many questions unanswered

Video: Mans met swart klere en balaklawas voer skrikbewind op dorp

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button