News

Video: Mans met swart klere en balaklawas voer skrikbewind op dorp

Waarom het sekuriteitswagte gistermiddag koorsagtig van ’n ongelukstoneel af probeer wegkom deur pasiënte en outomatiese wapens na ’n wagtende voertuig te dra.

Een van die ooggetuies (wat verkies om anoniem te bly) het die gebeure met ’n selfoon afgeneem.

Volgens die ooggetuie het ’n kar net buite Middelburg ’n ryloper opgelaai.

Die volgende oomblik het ’n silwer voertuig aangejaag gekom en afgejaag op die kar wat die ryloper opgelaai het.
Die voertuig wat die voorste een gejaag het, het voor ’n trok ingesny en begin rol.

Soos talle van die ander mense wat hulp wou verleen, het hy op die toneel gestop. Hy kon nie glo wat volgende gebeur nie.

’n Ford Ranger bakkie, wat ’n ent agter die voertuig gery het, het op die toneel aangejaag gekom en die insittendes het uitgespring.

“Hulle het nie vir die ambulans gewag nie, maar uitgespring en die drie insittendes uit die wrak gehaal. Daarna is hulle terug na die kar om wapens te verwyder!”
Op die videomateriaal kan ’n mens sien hoe hulle die beseerdes na die bakkie dra.

Omstanders het gesien hoe outomatiese gewere en ’n sak met 9mm pistole uitgehaal word.
Kort daarna het die bakkie weggejaag.

• Die voertuig wat gerol het, is dié van Ayanda N VIP Protection, ’n sekuriteitsfirma wat gebruik word deur die Langafstand Taxi Assosiasie.

• Daar is die afgelope tyd verskeie klagtes ontvang van mense wat gesê het dat hulle mense met outomatiese gewere gesien het.

’n Jong paartjie het gedink hulle word gekaap toe ’n minibus net buite Middelburg op die Loskopdampad dwars oor die pad gestaan het en mans met outomatiese gewere voor die voertuig gestaan het.

• Die polisie het later die minibus afgetrek en is gesê dat dit die taxi assosiasie is wat besig is met operasies om onwettige taxi’s te stop.

• Net ’n paar dae later het ’n gesin, wat in John Magagulastraat gery het, gesien hoe mans met outomatiese wapens uitspring.
Die mans het swart klere en balaklawas gedra.

• Ooggetuies het vir joernaliste gesê dat hulle gesien het hoe die mans met die swart klere en balaklawas mense uit taxi’s ruk en wapens op hulle rig.

Lees ook:

Security vehicle crashes on Stoffberg Road

Eyewitness account: Crash victims flee before police arrive

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Check Also
Close
Back to top button