‘Duisende’ vlermuise agter rysmiere aan
Hordes vlermuise het Saterdag die skemeraand in Aerorand nóg donkerder gemaak nadat hulle agter rysmiere aan was.
Bothasbergstraat bure, Piet Steyn en Allicia van Jaarsveld, het vertel dat hulle “nog nooit so iets gesien het nie.”
Volgens Piet was daar letterlik “duisende vlermuise” wat heen en weer geduik het agter die rysmiere aan, wat in ’n erf in Sekhukhunestraat uitgekom het.
Piet meld dat hy op beide die straatgroepe almal laat weet het daarvan, maar dat daar nie veel reaksie was nie.
Allica het haar selfoon gegryp en probeer om die vlermuise af te neem, maar met die spoed wat hulle heen en weer gevlieg en geduik het en die feit dat dit al erg skemerdonker was, kon sy net ’n gedeelte van die rysmier-vlermuis vertoning afgeneem kry.
• Piet wonder waar al die duisende vlermuise so vinnig vandaan gekom het. “Bly hulle dalk in ons huise se dakke?” het hy gevra.
@middelburgobserver Hundreds of bats take to the sky in Aerorand in pursuit of flying ants #bats #dracula #vlermuis #middelburg