News

Vrou veg teen man wat haar in gehuggie wou aanhou

Met ’n bebloede hand waar haar aanvaller se mes in ’n stoeiery haar vingers raakgesny het, het ’n vrou aanmekaar in Vrydagaand geskree dat sy verkrag is.

’n Vrou (wat verkies om anoniem te bly) vertel dat sy en haar man omstreeks 20:00 vanaf haar man se werk gekom het.
Hulle het ingedraai in Flipstraat en die voertuig se ligte het geval op ’n man en vrou wat in ’n erge stoeiery betrokke was.

“Die vrou het op haar rug gelê. Sy het geveg teen die man, wat half bo-op haar gelê het. Die oomblik toe ons voertuig se ligte op hulle val, het die man opgespring en na die treinspoor se kant toe gehardloop.”

Die egpaar het by haar gestop, sy het aanmekaar “rape! rape!” geskree.
Haar hand het gebloei en hulle het gesien een van haar vingers is raakgesny.

“Hy het sy mes en hoedjie laat val toe hy gevlug het.”

Die vrou het vir hulle vertel dat sy Vrydagmiddag in Samora Machelstraat gestap het, toe die man haar met twee messe oorval het.
Met ’n mes teen haar keel, is sy gedwing om oor die treinspoor saam met hom te stap tot by ’n gehuggie.

Sy het beweer hy het haar verkrag en toe sy by hom pleit om haar te laat gaan, het hy geweier en gesê hy gaan haar ten minste nog twee dae aanhou.

Later die aand het sy kans gekry om te ontsnap.
Sy het egter nie ver gevorder nie, want hy het haar ingehardloop, op die sypaadjie vasgepen en haar met die mes probeer steek.

Die snywond aan haar vinger het sy opgedoen soos sy gekeer het dat hy haar daarmee steek.

Een van die ander inwoners wat uitgekom het toe hul honde tekere gegaan het, omdat die vrou so skree, het gehoor hoe die vrou sê dat sy in Nasaret woonagtig is.

Daar is vir hulp geroep op Zello en die 24/7 WhatsAppgroep, waarna lede van die Noodroep Radiogroep Sektor 3 (almal ook lede van Gemeenskap in Blou) uitgegaan en die polisie laat kom het.

Die polisie het die vrou van die toneel af weggeneem en die aanvaller se hoedjie en mes, wat vol bloed was, is ook gevat.

• Dit kon nog nie bevestig word of daar op hierdie stadium al ’n verkragtingsaak geopen is nie.

• Inwoners het hulle sterk uitgespreek oor gehuggies wat oral in die dorp opkom op erwe en in die omgewing waar huise gebou word.

Raadslede Deon van der Merwe, asook Hennie Niemann, het gesê dat mense by hul raadslede klagtes kan indien oor gehuggies wat oor lang tye bewoon word.
Alhoewel dit toelaatbaar is by persele waar bouwerk gedoen word mag hulle nie ’n onbepaalde tyd daar inwoon nie.

Daar is ook voorgestel dat mense die wetstoepassers vra om ’n ondersoek te doen by persele waar die gehuggies lank bewoon word.
Rdl. Van der Merwe het onderneem om n brief aan die Dorpsbeplannings-afdeling te skryf oor die klagtes.

• Flipstraat is eintlik ’n verlenging van Bonckerstraat, net na die Kogelstraat kruising in Mineralia.
Flipstraat is die kort straatjie wat tot byna teenaan die treinspoor loop.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button