News

Bagasiebakmoord: net twee kry borg

'Kobus' vir eerste keer in hof na wrede moord.

Twee van die drie beskuldigdes in die moordsaak van Danie Maritz (27) het vanmiddag borg gekry.

Landdros Christa Pohl het borg van R8 000 elk toegestaan aan Alex Grobler (beskuldigde een) en Angie Appelgryn (beskuldigde drie).

Alex Grobler is ook op borgtog vrygelaat.
Angelique (Angie) Appelgryn het borg gekry.

Hulle word aangekla van regsverydeling ten opsigte van die verwydering en vernietiging van die oorledene se liggaam, sonder om dit aan te meld.

Jan Jordaan (beskuldigde twee) word aangekla van moord en is borg geweier.

Jacobus Johannes (Kobus) Pretorius het homself gister aan die polisie gaan oorgee en het vandag vir die eerste keer as beskuldigde vier saam met die ander drie verskyn.

Sy saak is uitgestel na volgende week vir formele borgaansoek.

Kobus Pretorius het homself gister aan die polisie oorgegee en vandag vir eerste keer in die hof verskyn.

 

Lees ook:

https://www.citizen.co.za/middelburg-observer/news/2023/11/28/vierde-verdagte-gee-hom-oor-in-moordsaak/

* Landdros Pohl het in haar borguitspraak streng borgvoorwaardes aan Grobler en Appelgryn voorgehou.

Albei moet Maandae, Woensdae en Vrydae tussen 07:00-11:00 by die Witbank Polisiestasie gaan aanmeld.

Hulle mag ook nie buite die Middelburg en eMalahleni area beweeg nie.

Verder het sy dit duidelik gestel dat hulle onder geen omstandighede met die staat se getuie kontak maak of hom dreig nie.Danie Maritz is in Middelburg vermoor, waarna sy lyk in die bagasiebak van ‘n voertuig gelaai en die voertuig, met sy lyk nog daarin, aan die brand gesteek is.

  • Danie Maritz is in Middelburg vermoor, waarna sy lyk in die bagasiebak van ‘n voertuig gelaai en die voertuig, met sy lyk nog daarin, aan die brand geteek is.
Danie Maritz is in Middelburg vermoor.

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button