News

Drie skadunette in drie weke afgesny

Diewe het die afgelope drie weke drie keer toegeslaan by OH Frewin Drukkery om skadunette te steel.

Mnr. Dries Venter (eienaar) sê hulle het sowat R20 000 se skade gelei met die skadunette wat sommer met messe afgesny is.

Mnr. Arthur Hill (Dagpatrollie) meld dat hy van die skadunetdiewe gisteraand op heterdaad betrap het, maar dat hulle die nag in verdwyn het.

Hy het omstreeks 21:00 gesien dat die kanthek by die besigheid oopstaan en besluit om in die omgewing patrollie te ry oor die feit dat die boewe al twee keer van die skadunette in die laaste tyd gesteel het.

Omstreeks 02:00 het hy van die vulstasie, naby die brug, se kant af in die omgewing gery.

Die volgende oomblik het hy die donker figure by die skadunet reg voor die OH Frewin gebou gesien.
Hy het soontoe gejaag, maar die booswigte het sy voertuig opgemerk en weg gehardloop.

In hul haas om weg te kom, het hulle die skadunet voor die kollege langs die drukkery neergesmyt.

Omdat hulle die skadunet met messe afgesny het, kan dit nie weer opgesit word nie.

Mnr. Venter het aangedui dat hy nie weer skadunette gaan opsit nie, maar nou staalafdakke vir hul voertuie gaan opsit.

• Mnr. Hill is van mening dat die skuldiges moontlik van die haweloses is wat oral voor besighede in die omgewing slaap.
Hy glo hulle het iewers ‘n koper vir die net.

Lees ook:

Van hondekos tot skadunet – dorp word rot en kaal besteel

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button