Hofsaak oor partytjie skietdood na streekhof vir verhoor
Die man wat aangekla word nadat 'n partytjieganger in 2018 doodgeskiet is, het vandag weer vlugtig in die hof verskyn.
Phillip de Klerk was vlugtig in die hof en is die saak uitgestel na aanstaande jaar vir verhoor in die streekhof.
De Klerk se regsverteenwoordiger het tydens sy vorige verskyning aangedui dat hy sy borgaansoek voorlopig laat vaar.
Gerhard Coetzer is op 27 April 2018 tussen partytjiegangers by ‘n huis in Walter Sisulustraat doodgeskiet.
Sy driejarige seuntjie Ronaldo, het ook gesien wat gebeur.
Nadat daar aanvanklik gesê is dat rowers hom doodgeskiet het, het sy vrou, Bianca, later na die polisie toe gegaan en gesê daar is gejok oor die gebeure.
Volgens haar het ‘n persoon met ‘n wapen gespeel en is Gerhard getref. Hy het net etlike treë geloop, inmekaar gesak en gesterf.
Een skoot is ook deur ‘n buitekamervenster.
- Weens die feit dat die saak vir soveel jare gesloer het, is Afriforum se privaat vervolgingseenheid betrek.