News

Pa en seun in voetboeie weggeneem – klagtes teen polisiemanne

Afwagting by hof in honde-aanval saak.

Verskeie klagtes gaan gelê word teen die polisie wat wet en orde moes handhaaf buite die Groblersdal Landdroshof, maar na bewering hulself toe skuldig gemaak het aan magsvergryp en aanranding op boere en lede van die Bittereindes-beweging.

Naas die arrestasie van Bittereinders se Francois van der Merwe, is daar ook ’n bejaarde man wat onlangs ’n heupoperasie ondergaan het wat na bewering onnodiglik hardhandig deur agressiewe polisielede hanteer is.

Ondersteuners van Piet Groenewald en sy seun Stephan Greeff wat by die hof teenwoordig is, sê minstens agt klagtes sal teen polisielede gelê word.
Daar is ook gevra dat ooggetuies die klaers na die Groblersdal polisiestasie sal vergesel.

Verskeie polisielede wat by Van der Merwe se arrestasie betrokke was, het self klagtes teen hom gelê, ten spyte daarvan dat ’n polisie generaal belowe het om hom te laat gaan, deur hom by ’n vulstasie weg van die hof af, af te laai.

Hy sal nou self vir borgtog moet aansoek doen.
Daar word intussen nog vir sy vrylating onderhandel.

Groenewald en Greeff het oomblikke gelede by die beskuldigdebank ingeskuif net om te hoor die hof verdaag vir ete.

Die pa en seun is met voetboeie uit die hof weggeneem.

Hulle sal om 14:00 formeel verskyn.

@middelburgobserver

Greeff en Groenewald het pas by die beskuldigdebank ingeskuif net om te hoor dat die hof verdaag vir ete. #Groblersdal #GroblersdalCourt #hof #court #WIPS

♬ original sound – MiddelburgObserver – MiddelburgObserver

@middelburgobserver

Bittereinders ruk op na polisie om sake te open. #Groblersdal #WIPS #groenewald groenewald-saak

♬ original sound – MiddelburgObserver – MiddelburgObserver

Back to top button