News

Hoe-hoe, wie loer daar?

Daar was ’n gehoe en ha toe ’n gevlekte oor-uil vanoggend in Coalstraat gaan kuier het.

Mnr. Thaba Mphela sê die uil was eers in ’n boom by sy oprit en sy bure het later gesien hoe hy op sy lapa se dak gaan sit.

Nadat hy ’n rukkie daar gesit het, het hy drie huise verder in ’n palmboom gaan skuil, waar hy almal (ook die Middelburg Observer joernalis) grootoog beloer en daarna ingedut het.

• Johan van Rensburg (voorsitter, Middelburg Voëlklub) meld dat dié uile “verbasend gemaklik” is met die teenwoordigheid van mense in sy onmiddellike omgewing.
Hy noem dat die gevlekte oor-uil (Spotted Eagle Owl in Engels) redelik algemeen in Middelburg voorkom.

Die uil begin vaak word en steur hom nie meer aan die mense naby die boom nie.

Hulle word gereeld in die aand tussen Kanonkop en Dennesig gesien en Johan sê hyself het al een of twee in Gholfsig opgemerk en naby HTS Middelburg kuier hulle ook in die bome.

Volgens hom kan daar baie redes wees waarom die uil aktief in die dag was.
“Hy het dalk net nog laat aan iets gevreet,” sê hy laggend.

Die voordeel van ’n uil is voor die hand liggend en sê Johan dat die mense baie bly moet wees, want die uil sal rot- en muisplae onder beheer hou.

Een van die honde se geblaf het hom weer grootoog wakker gemaak.

Hy het ter interessantheid gesê dat dié uil sy nes op die grond maak hy weet van gevalle waar hulle sommer in groot blombakke nes gemaak het by huise.

• Persone wat graag betrokke wil raak by die Middelburg Voëlklub se werksaamhede, kan Johan bel by 082 372 3920.

Net om minute later weer sy oë toe te maak en verder te dut.

Back to top button