News
Toeriste kry onverwagse kykie op geskiedkundige stasie
Toeriste, wat Australianers, Amerikaners en Nederlanders ingesluit het, het vanoggend ’n kykie gekry wat die geskiedkundige Middelburg Stasie bied.
Die luukse Rovos Rail-trein moes ’n onverwagse stop hier maak.
Die groep van 25 toeriste, wie se toer op die trein by die Victoria Watervalle begin het, het saam met die dorp se treineman, Johan Janse van Rensburg, koffie gedrink en ook deur die museum gestap.

• Johan het goedgunstiglik ’n video beskikbaar gestel waar die trein weer vanaf die stasie vertrek na hul besoek vanoggend.
• Dié trein het gisteraand ’n man, wat op die spoorlyn gelê het, buite Middelburg getref. Die man is weg geslinger van die spoorlyn af en het weens sy beserings gesterf.
@middelburgobserver Tourists from overseas caught a glimpse of Middelburg’s historical train station after the Rovos Rail locomotive made an unplanned stop in Middelburg. Middelburg #Rovos #rovosrail #locomotive
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
