News

Borg uiteindelik aan vier toegestaan na drama by hof

Borg is goedgekeur nadat verrigtinge deur die Groblersdal landdroshof uitgerek was.

Francois van der Merwe, Devon Hofmeyr, Tewie Wessels en Willem Petzer is elk borg van R5000 in die Groblersdal Landdroshof gekry.

Volgens hul borgvoorwaardes mag hulle nie enige toekomstige hofverskynings van Piet Groenewald en Stephan Greeff bywoon nie.
Hulle mag ook nie aan enige toekomstige optogte ter ondersteuning van Groenewald en Greeff deelneem nie.

Van der Merwe is al meer as vier weke in aanhouding nadat hy na bewering tydens ’n optog buite die hof, waar Groenewald en Greeff verskyn het, deur ’n polisiekordon wou breek.

Hofmeyr, Wessels en Petzer is twee weke later gearresteer, nadat hulle hulself aan die polisie gaan oorgee het.
Al vier mans staan tereg op klagtes van opsweping tot openbare geweld.

Die vier se borgverrigtinge is uitermatig lank deur die hof uitgerek, met sittings wat gereeld eers rondom middagete begin het.

Groenewald en Greef bly in aanhouding nadat beide se borg geweier is.
Hulle staan tereg op aanrandingsklagtes nadat hulle na bewering ’n werknemer van Groenewald op sy plaas aangerand het.

Die beweerde slagoffer is tydens die konfrontasie met Groenewald en Greeff ook deur ’n hond gebyt.
Beide ontken die bewerings teen hulle.

Die twee afsonderlike hofsake het gou in ’n politieke sirkus ontaard met selfs die ministers van polisie en justisie wat by die hof was.

Dries Olivier, die 76-jarige voormalige burgemeester van Groblersdal is ook aangesê om homself by die polisiestasie saam Hofmeyr, Wessels en Petzer aan te meld, maar ’n dokters-nota is deur hom bekom wat sy arrestasie tydelik in die wiele gery het.

Van der Merwe, Hofmeyr, Petzer en Wessels sal weer op 4 April in die hof verskyn.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Check Also
Close
Back to top button