News

Vlooi, vlooi, wat maak jy by dié mark?

Die Middelburg Dierebeskermingsvereniging hou op 2 Maart sy jaarlikse vlooimark, met Amanda Bodenstein as gaskunstenaar.

Daar sal mikroskyfies vir troeteldiere ingesit word teen R100 per troeteldier.

Kanonkop Dierekliniek sal die 5-in-1 inentings (’n jaarlikse inenting) doen, wat onder andere hondsdolheid, katgriep en hondesiekte voorkom.
Die eerste 50 persone wat hul honde bring vir die inentings, kry dit gratis.

Almal kan die hele dag gaan saamkuier om te deel in die pret en ’n geleentheid sal gegee word vir persone om na die dierehokke te gaan vir moontlike aannemings.

Stalletjies is beskikbaar teen R250 (met elektrisiteit) en R150 (sonder elektrisiteit).

Vir meer inligting, skakel 013 246 1201 of 084 432 6278 (tydens beurtkrag).

Back to top button