News

Videomateriaal wys waar Carmen kar vat

Die vrou wat vanoggend verdwyn het met ’n man se sleutels, selfoon, skootrekenaar en sy kar, is vasgevang op CCTV Videomateriaal waar sy die kar gevat het.

Vroeër vandag is berig oor Carmen Leigh White-Sharpley (47) wat gesoek word nadat ’n kar en ander artikels verdwyn het vanaf Moddercourt woonstelle.

Sy en mnr. Koos van Staden, waar sy die afgelope twee weke gebly het, het gisteraand stry gekry.

Toe hy vanoggend opstaan, was hy toegesluit in sy eie woonstel en sy kar onder andere weg.

Daar is vir die joernalis gesê dat die CCTV Videokamera ontkoppel is, maar ’n ander kamera het egter wel alles afgeneem.

’n Mens kan duidelik sien hoe sy omstreeks 03:00 vanoggend die motorhuis oopsluit en met die voertuig by die woonstelle wegry.

Dit is ’n wit Ford Fiësta, registrasienommer JGT417MP.

As enigiemand die voertuig opmerk, bel sy dogter, Silvia, by 082 622 5081.

Deur die loop van die dag het sy met mnr. Van Staden se foon per WhatsApp boodskappe met van sy familie gepraat, waarin sy beloof het dat hy alles sal terugkry.

Lees ook:

https://www.citizen.co.za/middelburg-observer/news/2024/02/28/vrou-verdwyn-met-man-se-kar-en-skootrekenaar/

Die videomateriaal, wat meer as drie minute lank is, is op vinnige aksie gestel, sodat ’n mens al die gebeure sien waar die motorhuis oopgesluit word en daar kort daarna met die voertuig weggery word.

@middelburgobserver

CCTV Videomateriaal wys hoe vrou sonder eienaar se toestemming sy motorhuis oopsluit en met sy voertuig wegry. Moddercourt Woonstelle, Middelburg.

♬ original sound – MiddelburgObserver – MiddelburgObserver

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button