Video: Vyf hengelaars help walvis by St Helenabaai in see in
Vyf hengelaars het vanmiddag by St Helenabaai gehelp om 'n walvis, wat gestrand was, weer die see in te help.
Die voormalige bestuurder van De Voetpadkloof, Koos Kleinsmith, en sy vrou, Lenie, het in die Alegria Restaurant gesit, toe die gebeure voor hulle afgespeel het.
“Dit was ‘n ongelooflike ervaring! Hulle is vir my nasionale hero’s! Julle moet dit iewers opsit, sodat die hele wêreld dit kan sien!” het hy vir die Middelburg Observer laat weet.
Koos het aanvanklik gedink dit is ‘n haai, maar het binne minute opgemerk dat hulle eintlik spook met die reuse walvis.

“Ek het gedink hulle is cowboys, want hoe de hel gaan hulle daardie reuse vis in die water terugkry. En wraggies, hulle het dit reggekry! Dit was toe ‘n pilot walvis! Ons moet hierdie video laat viral gaan, almal moet dit sien!”
@middelburgobserver Caption: Vyf hengelaars help gestrande walvis by St Helenabaai terug in die see in. #whale #beachedwhale #animalrescue
Koos het goedgunstiglik sy foto’s en videos beskikbaar gestel vir publikasie.


