News

Nagmerries nadat krokodil man gryp

Die beserings op Anthony Joubert se been en maag sal herstel, maar die gevoel van sy liggaam in die krokodil se kake, gee hom steeds nagmerries.

Hy sê die nagmerries was so erg, dat die dokter vir hom ’n ligte slaapmiddel voorgeskryf het, sodat hy rus kan kry.

“Die krag waarmee hy my gevat het, het gevoel soos ’n eerstespan rugbyspeler wat ’n graad eentjie beetgekry het.”

Sy vrou, Annelize, het die krokodil, wat Anthony reeds in die rondte begin draai het, met ’n stomp op sy kop geslaan, totdat hy haar man gelos het.

Anthony het diep bytplekke op sy maag en been opgedoen nadat hy op 9 Maart beetgekry is deur ’n krokodil op ’n plaas in die klowe op die Avontuurpad.

Die gesin was saam met die Van der Colffs vir ’n naweek weg en Anthony wou sy seuntjie se vislyn, wat aan ’n boom se tak vasgehaak het, gaan losmaak, toe die krokodil hom gegryp het.

Anthony was etlike dae in die Life Midmed Hospitaal en kry sedert sy ontslag elke paar dae steeds wondbehandeling.

’n Stuk vleis is uit sy linkerbeen gebyt en van die areas moes skoongesny word. Daar binne die volgende twee weke met veloorplantings begin word.

Die gat in Anthony Joubert se bobeen waar die krokodil hom gebyt het. Daar sal eersdaags met veloorplantings begin word.

Terwyl hy vir sy kinders kyk wat gedurende die vakansie al om hom draai, sê Anthony dat dit ’n wonderwerk is dat hy leef.
“Ek is dankbaar om net my kinders elke dag te sien speel.”

• Anthony sit die meeste van die tyd in ’n rolstoel, want hy verduur steeds erge pyn. Hy glo egter dat hy volkome sal herstel.

• ’n Back-a-Buddy-fonds is vir Anthony begin, omdat hy die enigste broodwinner in die gesin is en hy ook nie ’n mediese fonds het nie. Al die mediese kostes kan meer as R100 000 beloop.

Daar is nog net R5 100 by die fonds inbetaal.

Skandeer dié QR-kode om ’n bydrae te kan lewer: https://www.backabuddy.co.za/campaign/urgent-support-needed-for-anthony-joubert-and-family-after-crocodile-attack

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button