News

Jong man weer voor na seun se dood

Die beskuldigde in die dood van 13-jarige Henko Booysen het weer vlugtig in die streekhof verskyn op aanklagte van strafbare manslag.

JP (Jaen-Pierre) Booysen (25) het Vrydag vlugtig in die Streekhof op Middelburg verskyn.
Hy word aangekla van strafbare manslag, roekeloos en nalatige bestuur en bestuur sonder ’n geldige bestuurderslisensie.

Die klagtes spruit voort uit die gebeure van 6 November 2017 toe die 13-jarige Henko Booysen van ’n bakkie af geval het in Dennesig.
Hy is kort daarna in die hospitaal dood verklaar.

Me. Erika le Roux, Henko se ma, het AfriForum genader vir hulp, omdat die saak soveel jare gesloer het.

• Wico Swanepoel (prokureur, AfriForum) was Vrydag weer by die hof om die familie te ondersteun.

• Die saak is uitgestel na later vanjaar vir verhoor.

• Mnr. Barry Bateman, woordvoerder van AfriForum se privaat vervolgingseenheid, het verlede jaar al gesê dat dit in hierdie saak jammer is dat dit soveel jare geneem het vir die polisie om hul ondersoek af te handel en vir die Nasionale Vervolgingsgesag te gee om ’n besluit te neem.

Hy het gemeld dat geregtigheid belangrik is vir gesinne waar voorvalle van hierdie aard plaasvind.

“Die feit dat dit al die jare in die lug gehang het, het opsigself emosionele en sielkundige skade vir die gesin veroorsaak.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button