News

Man in intensiewe eenheid na botsing met trok op N4

'n Man word steeds in die intensiewe eenheid van die Life Midmed Hospitaal behandel nadat hy Maandag omstreeks 05:00 met 'n trok, wat besig was om 'n U-draai te maak op die N4, gebots het.

Mnr. Ronald Blundell se vrou, Pauline sê hy het nagskof gewerk by Columbus en was op pad eMalahleni toe, waar hulle woonagtig is, toe die ongeluk net voor die Van Dyksdrifbrug gebeur het.

Mnr. Ronald Blundell.

“Hy het baie inwendige beserings, vyf gebreekte ribbes, sy borsbeen is gebreek, sy neus is gebreek en hy het bloeding op die brein. Hy is in die intensiewe eenheid, maar die dokters is sover tevrede met sy vordering.”

Sy noem dat hy stil gehou moet word, sodat die gebreekte ribbes nie deur sy longe steek nie.

“Onder die omstandighede gaan dit goed.”

Lees ook:

Talle ongelukke sedert naweek

 

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button