News

Dodelike snoetneuskobra by besigheid gevang

’n Dodelike snoetneuskobra, wat glad nie in Middelburg voorkom nie, is vanoggend by ’n besigheid in Jeppestraat gevang.

Bernard van den Berg sê die eienaar van die besigheid het hom gebel en hy het dadelik soontoe gery.
Met sy aankoms was hy verbaas om te sien dit is die giftige snoetneuskobra.

Hy het hom gevang en later deur die oggend buite Middelburg veilig losgelaat.

• Bernard is ’n komiteelid van die Middelburg Dierebeskermingsvereniging.

Die slang deur die houer afgeneem.

• Victor Boshoff (voorsitter van die Middelburg Herpetologiese Vereniging) sê dit is die eerste snoetneuskobra waarvan hy weet wat in Middelburg gevang word.

Hy vermoed die slang het saam met ’n voertuig, trok of karavaan vanaf ’n ander area in byvoorbeeld Limpopo gekom, waar hulle meer algemeen voorkom.

Die snoetneuskobra se gif is neurotoksies en sal ’n persoon sterf as hy nie antiserum kry nie.

“As jy nie seker is watter tipe slang dit is nie, moenie probeer om dit te vang nie. Dit is soos om met ’n gelaaide wapen rond te loop! As hy jou of iemand anders pik, terwyl jy hom probeer vang, kan jy sterf. Boonop is dit ’n baie vinnige slang, wat jou beslis sal aanval.”

Bernard wys die slang se opmerkbare ringe aan die onderkant.

Victor meld dat hul lede opgelei is om slange te vang en ook permitte het om die slange te vervoer en te gaan loslaat.

• Hulle het die afgelope tyd ’n hele paar giftige slange, soos swartmambas, wat nie natuurlik in hierdie area voorkom nie, gevang.

“Die slange begin plek soek vir die wintermaande om te slaap en dit is hoekom hulle al hoe meer in en om huise en motorhuise gevang word.”

@middelburgobserver

Dodelike giftige snoetneuskobra, wat nie in Middelburg voorkom nie, by besigheid gevang. #snake #middelburg

♬ original sound – MiddelburgObserver – MiddelburgObserver

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button