News

Een dood, paar mense beseer in ongelukke vanoggend

’n Voetganger is vanoggend dood en ’n paar mense beseer in verskeie ongelukke in en om Middelburg.

Die voetganger is vroegoggend doodgery op die hoek van Mandela- en Samekomsstraat (Die voetganger wat doodgery is, se identiteit is nog onbekend).

Net daarna het ’n kar gerol op die N4.

Die vrou wat in die voertuig was, word deur omstanders ondersteun.

Minute later het die verskillende nooddienste wat op die genoemde tonele was, ’n uitroep gekry na die ongeluk op die hoek van Bhimy Damane- en Meyerstraat waar ’n voertuig en ’n motorfiets in ’n botsing betrokke was.

Mid Towing se insleepspan het hulp verleen op die ongelukstoneel in Meyerstraat en is genoem dat daar gelukkig nie ernstige beserings was nie.

Die motorfiets is ook erg beskadig in die ongeluk.
Die ongelukstoneel op die N4 waar ’n voertuig gerol het.

Check Also
Close
 
Back to top button