News

Een dood, paar mense beseer in ongelukke vanoggend

’n Voetganger is vanoggend dood en ’n paar mense beseer in verskeie ongelukke in en om Middelburg.

Die voetganger is vroegoggend doodgery op die hoek van Mandela- en Samekomsstraat (Die voetganger wat doodgery is, se identiteit is nog onbekend).

Net daarna het ’n kar gerol op die N4.

Die vrou wat in die voertuig was, word deur omstanders ondersteun.

Minute later het die verskillende nooddienste wat op die genoemde tonele was, ’n uitroep gekry na die ongeluk op die hoek van Bhimy Damane- en Meyerstraat waar ’n voertuig en ’n motorfiets in ’n botsing betrokke was.

Mid Towing se insleepspan het hulp verleen op die ongelukstoneel in Meyerstraat en is genoem dat daar gelukkig nie ernstige beserings was nie.

Die motorfiets is ook erg beskadig in die ongeluk.
Die ongelukstoneel op die N4 waar ’n voertuig gerol het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Check Also
Close
Back to top button