News

SAVF Maatskaplike Werkkantoor waardeer ondersteuning uit gemeenskap

Die SAVF Maatskaplike Werkkantoor lewer al vir 119 jaar dienste aan Middelburg en die omgewing en is daar verlede naweek ’n Moedersdagtee aangebied om hul fondse te versterk.

Motiveringspreker, Andries du Preez, was die gasspreker en was die tema van sy praatjie, ‘Lekkergoed van die Lewe’, oor hoe ’n mens die lewe kan ervaar deur lekker dinge in die lewe te doen.

Angelina Mndebele (Klein Mej. Nkangala), Andries du Preez en Delisile Ncongwane (Angelina se ma).

• Die SAVF Maatskaplike Werkkantoor funksioneer met vier voltydse maatskaplike werkers en een hulpwerker.
Maatskaplike probleme wat hulle aanspreek is: kinderverwaarlosing en -mishandeling, seksuele molestering, verlate kinders, statutêre dienste (optrede in terme van die Kinderwet), materiële nood, berading en mediasie tydens egskeidings.

Veronica Human en Andries du Preez.

Om fondse aan te vul, word die Izak Badenhorst-saal (Walter Sisulustraat 52) uitverhuur vir funksies en ander aktiwiteite.
Die huur vir ’n funksie is R3 000 (tafels en stoele ingesluit) plus R1 500 depsito. Die deposito is terugbetaalbaar indien daar geen skade aangemeld is nie.

Persone wat betrokke wil raak by hul projekte, kan me. Jaene Schreuder (Bestuurder, SAVF Maatskaplike Werkkantoor, Middelburg) of Elsie Booysen skakel by 013 282 4413.

• Hul kantoor-ure is Maandae tot Donderdae vanaf 08:00-16:00 en Vrydae tot 13:00.

• Me. Schreuder het gemeld dat hulle die gemeenskap se ondersteuning nodig het om voort te bou op die dienste wat hulle lewer. Sy het ook almal bedank wat steeds hul projekte ondersteun.

Nicolien Vorster (Mev. Suid-Afrika semi-finalis 2024), Andries du Preez en Michelle Laas (Mej. Middelburg 2023).

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button