News

Dorp neem swaar afskeid van ‘motor-kop’ Tjoppie

Daar sal more afskeid geneem word van een van Middelburg se grootste “motor-koppe” Andries Tjoppie du Toit, wat Saterdag oorlede is na ’n jarelange stryd met ernstige jig.

Tjoppie het egter nooit dat die konstante pyn hom onderkry nie, en was altyd vriendelik en beleefd, en altyd bereid om iemand in nood by te staan.

In plaas van blomme, word begrafnisgangers versoek om speelgoedkarretjies na die begraafplaas te bring, wat op Tjoppie se kis gemonteer sal word.
Sy grootste passie in die lewe, naas sy gesin, was motors.

Hy’t jare lank as lynbestuurder by Columbus Stainless gewerk.

Sy begrafnisdiens vind more, Donderdag, 20 Junie, om 11:00, by die NG Suid-gemeente plaas, vanwaar geliefdes na die begraafplaas sal beweeg.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button