News

PJ se roudiens Maandag

Die sakeman wat Donderdag gesterf het in ’n ongeluk op die N4, se roudiens is volgende week.

PJ Naudé, die bekende sakeman van Middelburg wat Donderdag gesterf het na ’n ongeluk op die N4, se roudiens is Maandag.

Die diens, wat gelei sal word deur ds. Wielie van Wyk, is om 12:00 uit die NG Kerk, Suid gemeente.

Hy is beskryf as ’n persoon met ’n fyn sin vir humor wat sy gesin en vriede se belange op sy hart gedra het.

Lees meer in die Vrydag uitgawe van die Middelburg Observer.

Lees meer hier: https://www.citizen.co.za/middelburg-observer/news/2024/06/15/bekende-sakeman-sterf-in-ongeluk-lewensmaat-ernstig-beseer/

• PJ en sy lewensmaat, Dirkie du Plessis, was op pad terug van Pretoria af, toe die ongeluk duskant Bronkhorstspruit gebeur het.

Hy het op die toneel gesterf en die ernstig beseerde Dirkie is na die Mamelodi Hospitaal toe geneem.

Sy het twee twee dae in die ongevalle afdeling van dié hospitaal gelê, waarna sy oorgeplaas is na die Steve Biko Hospitaal, waar sy operasies odergaan het en aanvanklik in die intensiewe eenheid was.

Sy is steeds in dié hospitaal, waar haar broer, Naudé Heunis (wat ook PJ se beste vriend was), haar daagliks besoek.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button