News

Wie skiet so?

’n Sarsie skote het inwoners van Kanonkop laasnag wakker geskud.

Inwoners van Kanonkop het gisteraand byna onder hul beddens ingespring toe skote omstreeks 21:30 gehoor is.

Die skote is in Oleander-, Gladiola- en Hisbiscusstrate gehoor en is daar op die Dagpatrolliegroep gevra of ander dit ook gehoor het.

Daar is gesê dat die skote baie naby geklink het.

Arthur Hill (Dagpatrollie) sê hulle het in die omgewing gaan rondry en het hul lede tot 02:00 vanoggend ook patrollie gery, maar niks vreemds opgemerk nie.
• Talle mense het die afgelope paar jaar al gekla dat daar in die nagte skote afgevuur word.

Lees ook:

https://www.citizen.co.za/middelburg-observer/news/2023/11/06/skote-klap-alweer/

• ’n BMW met spesiale toerusting wat harde klapgeluide maak, was ’n paar keer die sondebok, maar ander kere was dit sarsies skote en word geglo dat dit mense is wat skote afvuur om inbrekers te verjaag.

Lees ook:

https://www.citizen.co.za/middelburg-observer/news/2023/08/28/inwoners-soek-man-met-bmw-se-bloed/

• Riemtelegramme is ook versprei dat dit jagters is wat buite Middelburg op plase bokke skiet en dat dit so naby klink, omdat geweerskote se klank in die nag vêr gehoor kan word.

lees ook:

https://www.citizen.co.za/middelburg-observer/news/2023/04/05/wie-skiet-in-die-nagtelike-ure/

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button