News
Groenewald en Greeff saak uitgestel vir verhoor
Die twee mans wat daarvan beskuldig word dat hulle ’n hond op ’n sekuriteitswag losgelaat het, was gister weer in die hof.
Piet Groenewald en sy stiefseun, Stephan Greeff, het gister vlugtig in die Groblersdal Landdroshof verskyn.
Groenewald en Greeff word daarvan beskuldig dat hulle ’n sekuriteitswag aangerand en ’n hond op hom losgelaat het.
Tydens die verskyning is die saak uitgestel na 11 en 12 September vir verhoor.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!