News

Waarskuwing: Verkeer kilometers opgehoop na kettingbotsing weens rook op N4

Verkeer is tans vir kilometers opgehoop na ’n kettingbotsing naby die Ultra City net voor die Middelburg Tolhek op die N4 en gaan die pad moontlik nou tydelik gesluit word oor die swak sig.

 

Joernaliste op pad na die ongeluk naby die Ultra City (eMalahleni se rigting), sit tans in die verkeer vas, wat al vir kilometers opgedam het. Gerhard Rheeder en Sjani Campher berig dat die verkeer in Nelspruit se rigting ook opgehoop het, omdat daar by die Vandyksdrif-afrit, Nelspruit se rigting, ook ’n ongeluk was.

Die geweldige rook wat deur die veldbrand veroorsaak is.

Volgens Louwtjie Swart (Traffic Alert) was daar beide kante van die N4 ongelukke, maar was daar gelukkig een ernstige beserins nie.

Hy verleen hulp op die toneel vir Van Wettens en David Ross (Ross Insleepdienste) is ook daar om voertuie so gou as moontlik uit die pad te kry, sodat verkeer weer kan beweeg.

Sowat sewe voertuie was in die kettingbotsing betrokke.
Motorist word langs die pad gehelp wat in die kettingbotsing betrokke was.
Die verkeer is vir kilomters opgedam.
Een van die foto’s wat die joernaliste, wat in die verkeer vassit, geneem het.

Louwtjie het pas laat weet dat hulle die N4 gaan sluit, omdat die vuur weer opgetel het en erge rook oor die N4 waai.

 

@middelburgobserver

Accident on both sides of the N4 Fires next to the road are causing further difficulties #fire #accident #middelburg #mpumalanga

♬ original sound – MiddelburgObserver – MiddelburgObserver

 

 

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button