News

Vyf nou in hof vir R2 miljard dwelmfabriek

Die hofverrigtinge waar vyf mans aangekla word nadat ’n dwelmlaboratorium oopgevlek is, sal binne die volgende paar minute begin.

Die vyf mans wat aangekla word nadat ’n R2 miljard kristal-metamfetamien dwelmlaboratorium deur die Limpopo Valke op ’n plaas by Groblersdal oopgevlek is, verskyn vandag weer in die hof.

Die borg-uitspraak van Roelof Frederik Botha (57), die plaaseienaar van Thaba E Monate en Simphiwe Melvin Khumalo (34) gaan vandag voort.
Hulle verskyn saam met drie Meksikaanse burgers in die Groblersdal landdroshof.

Die Meksikaners, Alejandro Gutierrez Lopez (43), Jorge Humberzo Gonzalez (53) en Ruben Vidal Rodriguez (44) het voorlopig hul aansoeke om borg laat vaar.

Die Limpopo Valke het op 19 Julie op die plaas toegeslaan en is die mans gearresteer. Die polisie het beslag gelê op 408,95kg asetoon en kristal-metamfetamien.

Tydens die groep se vorige verskyning is twee stelle foto-albums, wat die dwelmlaboratorium uitbeeld, deur die staat hanteer.

Een stel foto’s is deur die ondersoekbeampte, sers. Ntutu Monene met sy selfoon geneem en die ander is deur die polisie van die Plaaslike Kriminele Rekordsentrum geneem.

Vandag sal die kruisondervraging deur die verdediging voortgesit word, waarna landdros Bogi Mashele uitspraak sal lewer op die borgaansoek van Botha en Khumalo.

Die mans staan tereg op klagtes van die vervaardig van onwettige dwelmmiddels, handeldryf in die middels, of alternatiewelik die besit daarvan, asook geldwassery.

Die staat voer aan dat hulle die beweerde misdade met ’n gemeenskaplike doel gepleeg het.

Omdat die dwelms ’n geskatte waarde van meer as R1 miljard het, maak die klagtes deel uit van ’n skedule vyf oortreding, en staan die staat dus hul borgaansoeke teen.

 

Do you have information on a news story you think we should cover?

Please send an email to our Editor at daleen@mobserver.co.za or phone us on 072 248 3855.

To keep updated and informed on all the latest Middelburg news, visit our official social media pages:

FacebookInstagram, TikTokX (Formerly Twitter), and YouTube.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Check Also
Close
Back to top button