News

Man sak inmekaar in Middelburg Mall, sterf kort daarna

’n Man het vanoggend kort na 09:00 inmekaar gesak by die Middelburg Mall en alhoewel noodbehandeling toegepas is, het hy kort daarna gesterf.

 

’n Welbekende inwoner het vanoggend inmekaar gesak by die Middelburg Mall en het ’n vrou van ’n nabye besigheid vir sowat ’n halfuur sy lewe probeer red met noodbehandeling, maar hy het op die toneel gesterf.

Die gebeure het plaasgevind in die area tussen Superspar en Dischem.

Advertensieborde is om die vrou, wat werk by ’n nabygeleë besigheid, gepak, terwyl sy probeer het om sy lewe te red.

  • Die bemarkingskantoor van die Middelburg Mall wou nie kommentaar lewer oor die voorval nie en gesê hulle respekteer die privaatheid van die familie.
  • Die man se liggaam het sowat twee ure op die toneel gelê voor hy verwyder is en verskeie mense het die Middelburg Observer gekontak en gesê hoe getraumatiseer hulle daaroor was.
  • Die koerant weet wie die oorledene is, maar kan nie op hierdie stadium sy naam bekend maak nie, omdat al sy naasbestaandes nog nie in kennis gestel is nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button