News

Jong groenes bo aan punteleer!

Hoërskool Middelburg se o/15 rugbyspan het Saterdag vir Hoërskool Transvalia in die finaal van die Plaatafdeling in die Noordvaalbeker gewen!

Middies se o/15A rugbyspan het vir hulself die eersteplek op die punteleer besorg nadat hulle vir Hoërskool Transvalia met 15-10 gewen het.

Kgontse (ook bekend as KG) Masilela het ál die span se punte aangeteken met vyf strafskoppe!

• Daar moet genoem word dat dié span die afgelope jaar 18 wedstryde in totaal gespeel het, waarvan hulle 17 gewen het. Die enigste wedstryd wat hulle verloor het, wat op toer in die Aprilvakansie.

KG Masilela het in die wedstryd teen Oos-Moot én Transvalia die o/15A-span help wen met sy skopskoen. In die agtergrond is Jordan Jones.

• Verlede week in die semifinaal teen Oos-Moot korrel Masilela ook goed met die voet en stuur een doelskop en drie strafdoele deur die pale. Blake Faber en Lihle Nkadimeng het die drieë gedruk.

• In die tweede plek op die punteleer is Klerksdorp se o/15’s, met Transvalia derde, Oos-Moot (wie hulle verlede week geklop het in die semi’s) in die vierde, Kempton Park vyfde, Montana sesde, Ligbron Akademie sewende en HTS Middelburg in die agtste posisie.

• Op die algehele plaatfinaal punteleer (al die spanne ingesluit) is Transvalia eerste, Hoërskool Middelburg tweede en HTS Middelburg in die derde plek.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button