Video: Water spuit al vir ure na nóg ’n watermeter gesteel is
Watermeters word nou voor die voet uitgeruk vir die koper!
Die Mouton familie moes vanoggend deur plasse water ploeter in Beyers Naudéstraat, nadat die watermeter-bende hul watermeter gesteel het.
“My dogter het dit al 07:30 gerapporteer gesien en die water spuit steeds soos ’n fontein. Honderde liters water word hierdeur vermors!”
• Teen die tyd wat die video geneem is, was dit al 09:30. Sy klagte is aan die mediakantoor van die munisipaliteit deurgegee en is dit ook onder die aandag van raadslid San-Mari Wait gebring.
• In die laaste maand is daar al regdeur die dorp, vanaf Kanonkop, tot Mineralia en die laaste week veral in Sentraal, verskeie watermeters gesteel.
@middelburgobserver Wimpie is woes kwaad omdat soveel water vermors word nadat nòg ‘n watermeter gesteel is.
Lees ook:
Do you have information on a news story you think we should cover?
Please send an email to our Editor at daleen@mobserver.co.za or phone us on 072 248 3855.
To keep updated and informed on all the latest Middelburg news, visit our official social media pages:
Facebook, Instagram, TikTok, X (Formerly Twitter), and YouTube.
