News

Werksbussie in Thembisa gekaap, drywer in Soweto afgelaai

’n Man wat vanoggend werknemers moes gaan oplaai, is gekaap terwyl hy vir die werknemers gewag het.

’n Drywer van LR Civils is vanoggend omstreeks 10:00 in Thembisa gekaap toe hy ’n span werkers sou gaan oplaai.

Die werker is aangesê om langs die pad te stop, waar die werkers hom sou kry.

Langs die pad is hy deur ’n man genader wat vir hom gesê het dat hy van ’n taxi-vereniging is, en dat hy nie op die spesifieke plek langs die pad mag stilhou nie.

Die drywer het gevra waar hy mag stop, voordat die persoon wat hom gekonfronteer het, skielik weggestap het.

Daarna is hy oorval deur vier gewapende mans wat die drywer by die bussie in gedwing, en met hom weg gery het.

Voordat die bussie weg gery het, is ’n sak oor sy kop getrek.

Die getraumatiseerde drywer is kort daarna iewers in Soweto afgelaai, vanwaar hy sy werkgewers geskakel het op ’n samaritaan se foon.

Die bussie is steeds weg, en die drywer steeds in Gauteng, waar hy wag om opgelaai te word.

Sy verklaring moet ook nog deur die polisie afgeneem word.

Die maatskappy vra dat persone met inligting die polisie daarvan inlig, sodat die bussie moontlik herwin kan word.

Die drywer is gelukkig nie beseer deur die rowers nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button