News

Video: Haal uit jou jas, die koue is terug!

Middelburgers wat reeds hul somersklere uitgepak het, sal maar weer ’n baadjie moet gaan uitkrap, want Vrydag gaan ons baie koud kry!

Koue in Kaapstad beteken, koue oor twee dae hier by ons!

’n Video word oral op WhatsApp groepe rondgestuur wat vanoggend op ’n bibberkoue Tafelberg in Kaapstad geneem is.

Dit is onseker wie die video geneem het, maar die person sê duidelik dit is vanoggend 08:00 op Tafelberg geneem, terwyl dit sneeu!

Vir ons in Mpumalanga beteken dit net één ding: die koue is op pad.

Vandag het die kwik gestyg tot 26, maar more (Donderdag) is dit al koeler met ’n minimum van 8 grade en ’n maksimum van 22 grade.

Na aanleiding van weervoorspelling Toeps (Apps) gaan dit Vrydag baie koud wees met ’n minimum van 7 grade en ’n maksimum van net 14 grade. Dit sal die hele dag ook bewolk wees.

Saterdag is dit steeds koel met ’n minimum van 6 en ’n maksimum van 18 grade.

Sondag is dit bietjie warmer met ’n maksimum van 23 en Maandag is dit sommer weer somersweer met ’n maksimum van 25 grade.

@middelburgobserver

Snow atop Table Mountain can only mean one thing: A cold front is headed Middelburg’s way!

♬ original sound – MiddelburgObserver – MiddelburgObserver

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button