News

Vriendelike Jaco oorlede

Die vriendelike aptekers-assistent wat ál sy kliënte op hul name geken het, is verlede Woensdag in die Life Midmed Hospitaal oorlede.

Jaco Smit (37) het in die mediese intensiewesorgeenheid oorlede na twee beroertes weens ’n gewas op die brein.

Middelburgers sal hom onthou toe hy nog as aptekers-assistent by TLC Moms Apteek gewerk het. Hy het kort voor sy siekte bedank en die laaste ruk net gelokum.

Familie en vriende onthou hom as ’n omgeemens wat alles vir ander sou doen.

Die begrafnis is Donderdag om 11:00 uit die NG Kerk, Suid gemeente. Ds. Hardus van Niekerk sal die diens lei.

• Die diens kan Donderdag aanlyn gevolg word deur op dié skakel in te gaan: https://youtube.com/live/iQvPwB1WIPk

• ’n Meer volledige huldeblyk oor Jaco sal in die Vrydag uitgawe van die Middelburg Observer verskyn.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button