News

‘Grapkas’ Kobus sterf na ernstige virus in oog

Familie en vriende kan steeds nie glo dat die grapkas ‘Vlakkies’ oorlede is nie.

Kobus Odendaal (57), die man wat bekend was vir sy fyn humorsin, is op 24 Augustus weens ’n virus in sy oog in die Middelburg Hospitaal oorlede.

Sy vrou, Riekie, sê hy het einde Junie, begin Julie begin siek word weens ’n virus in sy oog, “Die virus het in sy bloedstroom beland en hom baie siek gemaak.”

Riekie het haar man beskryf as “’n hardwerkende mens, as hy raakgevat het, het hy raakgevat. Hy het gesorg dat dinge gedoen word. Kobus was hiperaktief, hy kon nooit stilsit nie.” Die egpaar was 21 jaar getroud.

Sy sê haar man se bynaam was ‘Vlakkies’, “want hy het altyd met die aard van sy werk, in gate rondgekruip en pype reg gemaak. Hy was bang vir niks.”

Kobus het tot met sy afsterwe by Star Mining gewerk, waar hy ’n ketelmaker was.

Hy word oorleef deur Riekie, kinders, kleinkinders en twee susters.

’n Roudiens word Saterdag om 10:00 uit die kapel by die begraafplaas gehou.

Do you have information on a news story you think we should cover?

Please send an email to our News Editor at daleen@mobserver.co.za or phone us on 072 248 3855.

To keep updated and informed on all the latest Middelburg news, visit our official social media pages:

Facebook, Instagram, TikTok, X (Formerly Twitter), and YouTube.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button