News

KYK: Vonke spat toe taxi kragboks tref

Besighede was gisteroggend sonder krag gelaat nadat twee minibusse in die hoofstraat gebots het.

Mnr. Armand du Toit het videomateriaal beskikbaar gestel van die botsing wat Sondag om 06:18 op die hoek van Cowen Ntuli- en Oosstraat plaasgevind het.

In die video kan daar gesien word hoe ’n taxi stop en skielik draai, en dan deur ’n ander taxi getref word.
Die tweede taxi het daarna beheer verloor en oor ’n kragboks gery.

Du Toit vertel dat die ongeluk gebeur het voor hulle aangeklok het vir werk die oggend, “ons weet nie of iemand beseer is nie, omdat die toneel reeds opgeruim was met ons aankoms. Mens kan wel sien hoe die vonke spat wanneer die taxi oor die kragboks ry.”

Die ongeluk het ’n kragonderbreking veroorsaak, maar toevoer was gelukkig teen 09:45 weer herstel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button