News

Oneindige hofstryd vir pa en stiefseun sleep voort

Beweerde slagoffer ook gearresteer, weer laat gaan

Die twee mans wat daarvan beskuldig word dat hulle ’n hond op ’n sekuriteitswag losgelaat het, was vandag weer vlugtig in die hof.

Piet Groenewald en sy stiefseun, Stephan Greeff, het vandag in die Groblersdal Distrikshof verskyn vir hul verhoor.

Groenewald en Greeff word daarvan beskuldig dat hulle ’n sekuriteitswag aangerand en ’n hond op hom losgelaat het en die klag teen hul is aanranding met die opset om te beseer.

Tydens hul vorige verskyning is die saak tot vandag en môre uitgestel vir verhoor in die Distrikshof, maar die staat het vandag versoek dat die saak uitgestel word, omdat die klaer en getuie in Mafikeng is en nie die hofsaak kan bywoon nie.

Die staatsaanklaer, adv. Billy Mudhavi, het aangedui dat dit buite die staat se beheer is.

Die verdediging, mnr. Moses Manthata, het aangedui dat indien die rede waarom die klaer en getuie nie in die hof was nie, volgens wet redelik is, hulle ’n kans gegun kan word om vir verhoor uit te stel, maar dat dit die laaste uitstel moet wees voor die verhoor hanteer word.

Die saak is tot 24 Oktober uitgestel vir die teenwoordigheid van die klaer en staatsgetuie, sodat verhoor begin kan word.

• Die beweerde slagoffer in dié saak is egter op 19 Januarie ná die eerste hofverskyning van Groenewald en Greeff, in hegtenis geneem deur die Groblersdal polisie vir opsetlike beskadiging.

Volgens die sekuriteitswag, Veneruru Kavari (30), ’n Namibiër, is hy gearresteer en in aanhouding geplaas.

Hy sou glo 22 Januarie in die Groblersdal Landdroshof verskyn, maar sê hy dat hy voor sy verskyning vrygelaat is, nadat die ondersoekbeampte op sy saak gesê het dat hy geen bewyse kon vind dat opsetlike beskadiging aan eiendom plaasgevind het nie.

Kort nadat mnr. Kavari in hegtenis geneem is, het EFF-lede opgeruk na die Groblersdal polisiestasie, omdat hul nie saamgestem het met die arrestasie nie.

Volgens mnr. Ali Malobe, EFF Sekhukhune streekvoorsitter, is dié lede gearresteer nadat hul die polisie “ondervra” het oor die arrestasie.

Die vier EFF-lede, Tshepo Mokaba, Tumelo Mpati, Tebogo Motau en Joseph Mokgeri is ook op 19 Januarie in hegtenis geneem vir openbare geweld.

Intussen is R1 000 borgtog aan hul toegestaan en sal hul Maandag, 16 September, in die Groblersdal Streekhof verskyn om aan te hoor wat die uitkoms is op hul vertoë wat gerig is aan die Senior Staatsaanklaer om te oorweeg dat die saak teen hul teruggetrek sal word.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Matt Handley

Matthew Handley has been working as a journalist and photographer at the Middelburg Observer since December 2022. Matthew was honoured with the Alet Roux Award for Best Young Journalist by the FCJ in 2023. As a community journalist, Matthew covers a diverse variety of topics, with an unwavering adoration for Middelburg.
Check Also
Close
Back to top button