Hoërskool Kanonkop se gelukbringer, Maximus die Swartleeu, was voor in die koor met vandag se optog wat deur Middelburg se strate beweeg.

Die optog is natuurlik die geesvang-afskop vir hierdie Saterdag se Erfenisfees waar die skole se sewes-spanne mekaar op Hoërskool Kanonkop se tuisgronde sal pak.
Toeskouers kan ook uitsien na uitstalwedstryde tussen die Blitsbokke, Pumas, All Stars en Middelburg se eie sewes-span, die Bulldogs.

Kry jou nuutste uitgawe van die Middelburg Observer vir meer inligting rakende die fees.







@middelburgobserver Hoërskool Kanonkop’s Blitzbok parade.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
