News

Drie sterf in ongeluk op Stoffbergpad

Drie mense is dood en drie beseer in 'n ongeluk op die Stoffbergpad, net buite Middelburg.

Twee vroue en ‘n man het vanoggend in ‘n ongeluk gesterf wat omstreeks 08:00 sowat 9km buite Middelburg, net na die Wolma Plaas se afrit, gebeur het.

Die presiese omstandigheide rondom die ongeluk is nog nie bekend nie.

Die VW Polo is op die bestuurderskant getref.

 

‘n Silwerkleurige VW Polo is op die bestuurderskant getref deur ‘n goudkleurige D4D Hilux bakkie.

 

Die D4D Hilux bakkie wat in die ongeluk betrokke was.

 

Aldrie insittendes in die VW Polo is opslag dood en drie insittendes van die bakkie is ernstig beseer.

Beide voertuie het aan die regterkant van die pad (Stoffberg rigting) tot stilstand gekom.

Die VW Polo het teen die skuinste tot stilstand gekom na die ongeluk.

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button