News

Video: Twee sterf, kind ernstig beseer in R555 ongeluk

Twee persone is dood en drie ernstig beseer in 'n botsing op die R555.

Twee mans het gesterf en ‘n minderjarige kind is ernstig beseer in ‘n botsing vanmiddag omstreeks 15:45 op die ou Middelburg/Witbankpad (R555).

‘n Motoris (wat verkies om anoniem te bly) sê hy was vanaf Middelburg in eMalahleni se rigting onderweg toe hy voor hom skielik ‘n stofwolk sien naby die selfoontorings, net buite die dorp.

Hy meld dat die minibus, wat in Middelburg se rigting gery het, ‘n trok se agterwiel getref het en voor die Toyota Etios, wat na eMalahleni se kant toe gery het, ingeslinger is.

Die motoris het dadelik die nooddienste geskakel en uit sy voertuig gespring om hulp te verleen.

Die bestuurder van die Etios en ‘n passasier in die minibus het op die toneel gesterf. Die kind en ‘n manspersoon in die Etios en nog een van die insittendes van die minibus is per ambulans hospitaal toe geneem.

 

Die minibus wat in die ongeluk betrokke was.
Die Toyota Etios het in die grondgedeelte van die pad tot stilstand gekom.

 

@middelburgobserver

Two people died and a child and two adults seriously injured in R555 accident.

♬ original sound – MiddelburgObserver – MiddelburgObserver

 

 

 

 

 

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button