News

Video: Gebede en ballonne gaan op vir klein ‘Lilie’

Die trane het gisteraand vryelik geloop toe sowat 250 inwoners en ’n groot groep motorfietsryers bokant Laerskool Kanonkop bymekaar gekom het om vir klein Lemay (Lilie) Fouché te bid.

Ons Middelburg gemeenskap het gisteraand kerse aangesteek en hul hoofde laat sak in ’n gesamentlike gebedsaand vir die ernstig beseerde Lilie Fouché.

@middelburgobserver

A town united in prayer for an 8-year-old Laerskool Kanonkop learner, Lilie Fouché, who was seriously injured in a car accident.

♬ original sound – MiddelburgObserver – MiddelburgObserver

Die geleentheid is gereël deur een van Laerskool Kanonkop se graad twee ouers, Ansobé Francis, saam met die personeel van Laerskool Kanonkop.

Lees ook: Gebede Woensdag vir ‘Lilie

 

Van die motorfietsryers bid saam by kerslig.

Piet Jordaan het beloftes van hoop uit die Bybel aangehaal wat beaam is met ‘Amen’ tussen almal wat die geleentheid bygewoon het. Hy het daarna voorgegaan in gebed en het talle mense met hul hande omhoog saamgebid.

Piet Jordaan.

Die groot groep motorfietsryers het ook hul ondersteuning gewys deur vir ’n hele ruk hul motorfietse te laat brul.

Kort daarna het Lemay se klasmaatjies in die graad 2S-klas balonne losgelaat, terwyl almal saam die Oorwinningslied gesing het. Van haar maatjies het ook briefies vir haar teen die heining van die skool opgesit.

Die briefies teen die heining

 

Lilie se klasmaatjies met hul ballonne.
Daar is al vroegaand begin om kerse aan te steek.

Die agtjarige Lemay het ernstige kop- en inwendige beserings opgedoen in ’n ongeluk ’n week gelede op die R555 (ou Middelburg/Witbankpad) wat ook die lewe van haar pa, Mornay (50) geëis het. Haar oupa, Johnny (80) Uys is ook beseer en ’n passasier in die ander voertuig, mnr. Elvis Hlongwe, het ook op die toneel gesterf.

Lees ook: Mans wat in ongeluk gesterf het, geïdentifiseer

Lemay se ma, Marna en haar verloofde, Jacque Ferreira, asook Mornay se verloofde, Chantal Bekker, het die verrigtinge bygewoon.

Marna (Lemay se ma) en Tania Fouché saam met die kinders.

Jacque het Lemay se klasmaatjies, personeel en ouers van Laerskool Kanonkop, asook familie, vriende, die Middelburggemeenskap en elke persoon wat wêreldwyd vir Lemay bid, van harte bedank.

Op sy hemp het die besondere woorde: ‘Let me tell you about my Jesus’ gestaan.

Jacque het aan almal verduidelik hoe dit tans met Lemay gaan, waar sy in die intensiewe eenheid van die Alberton Netcare Hospitaal behandel word.

Jacque Ferreira het vertel hoe dit met Lemay gaan.

Hy het gemeld dat Lemay steeds op lewensonderhoudende masjiene is en adrenalien kry om te help met die pomp van haar hartjie.

Na twee operasies kon die dokters die inwendige bloeding stop.

“Haar toestand is stabiel,” het hy gemeld.

Hy het ook aangedui dat sy vandag ’n breinoperasie sal ondergaan, aangesien sy skedel en gesigfrakture het. “Daar was aanvanklik bekommernis dat sy nie sterk genoeg sou wees vir die operasie nie, maar ons vertrou die Skepper dat sy reg sal wees. Ons weet dat sy in God se hande is.”

• Lilie is in die Alberton Netcare Hospitaal en is om 10:37 teater toe gestoot. Daar word gevra dat almal vandag weer in hul gebede aan haar sal dink.

 

Die motorfietsryers wat hul ondersteuning gewys het deur hul motorfietse te laat brul

@middelburgobserver

The Middelburg biking community showing their support for Lilie Fouché, who was seriously injured in a car accident

♬ original sound – MiddelburgObserver – MiddelburgObserver

Do you have information on a news story you think we should cover?

Please send an email to our Editor at daleen@mobserver.co.za or phone us on 072 248 3855.

To keep updated and informed on all the latest Middelburg news, visit our official social media pages:

Facebook, Instagram, TikTok, X (Formerly Twitter), and YouTube.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button