News

Boer se stoor platgevee, dorp se dakke afgewaai

Stormwinde het die naweek groot skade in Middelburg omgewing en die res van die Hoëveldstreek aangerig.

Die naweek se stormsterkte winde het vanaf Middelburg tot sover as Emgwenya (Waterval Boven) geweldige skade aangerig.

• In Maroelastraat (Kanonkop) is ’n reuse boom Saterdagaand uit die grond uit geruk en het die munisipale werkers tot bykans middernag gewerk om dit uit die pad uit te kry.

Lees ook: https://www.citizen.co.za/middelburg-observer/news/2024/09/29/stormwind-ruk-boom-om/

• Inwoners van Somaphepha en werkers wat op ’n plaas op die Stoffbergpad bly, het laat weet dat hulle ook erge skade gely het.

• Mnr. Gerhard Greyling, wat boer tussen Carolina en Machadodorp, sê die dak van een van sy skure het afgewaai het, asook ’n gedeelte van die dak aan ’n stoorkamer teenaan sy huis.

Die skuur is met bourommel bestrooi.

“’n Paar bloekombome het ook afgebreek.”

Die windstorm het Sondagaand die verwoesting op die plaas gesaai.

Een van die bome wat op mnr Greyling se plaas uitgeruk is.

Gelukkig is sy tuiste en vee nie deur die stormwinde geraak nie.

• Mnr. Hennie Fourie het laat weet dat Emgwenya ook gisteraand (Sondag) deur ’n stormwind getref is.

“’n Paar huise se dakke, asook Usave se dak is afgewaai. Daar is tans ook geen selfoonsein in Emgewenya nie.” (Hy het van buite die dorp af die foto’s gestuur).

Usave in Emgwenya het ook erge dakskade in die stormwind opgedoen.
Een van die huise in Emgwenya (Waterval Boven) wat se dak afgewaai het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button