News

Mans was nie matte, maar steel

Twee mans wat kwansuis ’n bejaarde se kamermat in die ouetehuis op Belfast wou was, het na bewering ál haar juwele gesteel!

Me. Mientjie Venter, die Rusoord Tehuisbestuurder op Belfast, het bevestig dat een van hul bejaardes ’n slagoffer was van die twee diewe.

Sy het Vrydag die boodskap en foto’s gesien wat op die Oostra WhatsApp-groep (waarvan die Rusoord deel is) geplaas is.
“Dit was dieselfde mans wat by ons was!” het sy uitgeroep.

Me. Venter (tehuisbestuurder) sê sy het hulle dadelik herken as die kamtige ‘matwassers’, wat sowat ’n maand gelede by die Rusoord aangeklop het.

“Ek was doenig in die kantoor en het hulle by ons aangekom. Die ouer man verduidelik dat hulle ’n matwasbesigheid het en hul produkte wil bekendstel aan almal.”
Me. Venter het vriendelik vir hulle gesê dat hulle nie matte in die tehuis het nie.
Hulle was dadelik reg met ’n antwoord deur te sê dat hulle ook bekleedsel was.

Me. Venter het vir hulle twee stoele by die kantoor gewys en beduie dat hulle na buite moet gaan om dit te was. “Ek het hulle juis weg gehou van die tehuis af.”
Hulle was kort daarna terug en gesê die stoele staan buite om droog te word.

Op hierdie stadium het die mans terloops genoem dat van die inwoners van die woonstelle hulle gekontak het om hul matte te kom was.
Die mans was later skaars weg toe een van die inwoners van die woonstelle kom kla het dat al haar juwele gesteel is. Ook dat sy nooit die mans gevra het om haar matte te was nie!

Me. Venter het besef wat gebeur het en gehardloop na hul intekenboek om te gaan kyk wat die mans se besonderhede van hul voertuig was. Hul name en voertuigbesonderhede was vals.
Sy meld dat die bejaarde vrou ’n diefstalklag by die polisie gaan open het.
“Dit is baie hartseer, want sy het sentimentele waarde aan die juwele wat gesteel is.”

• Op die noodgroep word tehuise gewaarsku dat die mans tehuise besteel. Ook dat hul voertuig (die maak, model en registrasienommer is gewys) die laaste keer gesien is, toe dit weggedraai het in Carolina se rigting, van Belfast se kant af. Die voertuig word nie nou gepubliseer nie, omdat daar nog nie amptelik bevestig is of dié voertuig by ’n misdaad betrokke was nie.
Me. Venter het egter aangedui dat die fotos van die mans, wat van CCTV-kameras afkomstig is en op WhatsApp-groepe versprei word, nie by die Rusoord geneem is nie.

• Dis is op hierdie stadium nie duidelik by watter ander tehuis of tehuise die mans ook toegeslaan het nie.

• Die SAVF Tehuis in Middelburg is ook gewaarsku dat daar twee mans, een aan die lang kant en die ander een ’n ouer man, daarop uit is om ouetehuise te besteel.
Me. Bernice du Plessis (SAVF Tehuisbestuurder van Middelburg, Carolina, Hendrina, eMalahleni en Emgwenya – Waterval Boven) het bevestig dat sy ook per WhatsApp die waarskuwing gekry het om op die uitkyk te wees vir die twee.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button