News

Lilie is wakker!

Lilie Fouché is wakker!

Lemay (Lilie) Fouché is wakker gemaak uit haar sedasie en herken haar mamma en ouma se stemme!

Die familie het pas bevestig dat die agtjarige Lemay wakker gemaak is uit die sedasie en verstaan as haar ma en ouma met haar praat.

“Sy reageer op my en haar ouma Mara se stemme. Here, U het al ons gebede verhoor, dankie dankie,” het haar ma, Marna Fouché op Facebook gesê.

Lemay het ernstige beserings opgedoen in ’n ongeluk op 19 September op die R555 (ou Middelburg/Witbankpad) waarin haar pa, Mornay (50) en Elvis Hlongwane (wat in die ander voertuig was) gesterf het.

Lees ook:

https://www.citizen.co.za/middelburg-observer/news/2024/09/20/mans-wat-in-ongeluk-gesterf-het-geidentifiseer/

’n Gebedsbyeenkoms is op die hoek van Oribi- en Lilian Ngoyistraat gehou waar die gemeenskap byeen gekom en vir Lilie en die familie gebid het.

Lees ook:

https://www.citizen.co.za/middelburg-observer/news/2024/09/26/video-gebede-en-ballonne-gaan-op-vir-klein-lilie/

• Te midde van die blydskap dat Lemay wakker geword het, is daar ook hartseer in die familie, wat net ’n paar dae na Mornay se begrafnis weer ’n begrafnis moet reël nadat Lemay se oupa, Johny (84) Fouché, Sondag in die Life Midmed Hospitaal gesterf het. Hy was ook in die voertuig tydens die ongeluk en het behandeling ontvang vir ’n kop- en oogbesering. Hy het nooit sy bewussyn herwin nie.

• ’n Huldeblyk oor oom Johny se lewe kan gelees word in die Vrydag uitgawe van die Middelburg Observer.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button