News

‘My smeekgebede is gehoor’ – ma oor Lilie se vordering

Dit gaan beter met Lilie Fouché!

Lemay (Lilie) Fouché, wat ’n maand in die intensiewe-eenheid behandel is na ’n ernstige ongeluk, is uit die pediatriese intensiewe eenheid na die pediatriese hoërsorgeenheid oorgeplaas.

Lilie is ernstig beseer in die ongeluk op 19 September op die ou Middelburg/Witbankpad, wat ook die lewe van haar pa, Mornay, geëis het. Elvis Hlongwane, was ’n passasier in die ander voertuig en het ook op die toneel gesterf.

Haar oupa, Johny, was saam met haar en haar pa in die kar. Hy was sedert die ongeluk in die Life Midmed Hospitaal en het op 3 Oktober weens nagevolge van die ongeluk gesterf.

Lilie se ma, Marna, het ’n WhatsApp-groep begin, waarop sy almal op hoogte te hou van Lilie se vordering.

In een van die boodskappe sê sy: “My hart loop oor ten opsigte van Lilie se vordering. Sy verbaas ons almal en ek dank my Abba Vader met alle eer. Hy het my smeekgebede gehoor en nie moeg geraak vir my nie.”

Lees ook: https://www.citizen.co.za/middelburg-observer/news/2024/10/08/lilie-is-wakker/

• Vanoggend het Lilie in ’n stemboodskap almal bedank wat vir haar tot nou toe gebid het en steeds vir haar bid.

• Die hoof van Laerskool Kanonkop, mnr. Riaan Kruger, het in ’n boodskap op die groep gesê dat die skool, waar Lilie ’n graad twee leerling is, vanoggend weer vir haar gebid het. “Dis sulke wonderlike nuus dat sy daagliks verbeter. Hou moed. God is groot.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button