Watermeterdief gebruik battery kantsnyer!
Met die blitsige optrede van ’n lid van die Dagpatrollie, is daar een van die watermeterdiefstalle voorkom.
’n Vermeende watermeterdief het hom vasgeloop in die Dagpatrollie.
Watermeterdiewe is deesdae so oorlams dat hulle sommer hul gereedskap in ’n sakkie op ’n fiets saamry.
Arthur Hill (Dagpatrollie) vertel dat hy sowat drie weke gelede iets uit die hoek van sy oog opgemerk het, toe hy sy dogter in Clubville moes gaan oplaai.
Hy het gesien hoe ’n man met sy fiets op die hoek van Cowen Ntuli en Jan Cillierstraat stop, ’n gereedskapsakkie uithaal en direk na ’n watermeter stap.
Arthur het dadelik ongemerk stadiger gery en gestop om te kyk wat die man doen.
Die volgende oomblik het die man ’n battery aangedrewe kantsnyer (grinder) uitgehaal.
“Ek het hom op sy skouer getik toe hy die kantsnyer op die watermeter neersit om dit af te sny.”
• Arthur het die verdagte aan die polisie oorhandig.
