Beloning vir inligting wat selfoondief kan identifiseer
'n Beloning word aangebied vir enige persoon wat kan help om 'n selfoondief vas te trek.
Henning Benadie bied ‘n R500 beloning aan vir die persoon wat die selfoondief op die foto’s kan identifiseer en kan help dat hy die foon terugkry. Die dief het ‘n mediese masker gedra tydens die diefstal.
Volgens Henning het die dief doodluiters vanoggend 08:43 by hul besigheid, Deltex Batteries (Cowen Ntulistraat), ingestap, die selfoon gevat en uitgeloop.
“Hy moes gister in die winkel gewees het, want die tweede hekkie om in te kom, was stukkend. Al hoe hy dit kon weet, is as hy gister hier binne was.”
Hul CCTV kameras wys hoe die boef agter Pierre Pieterse (mede-eienaar, Deltec Batteries) in die parkeerarea verbyloop in die besigheid in. Pierre was op daardie stadium besig om na ‘n voertuig buite te kyk.
In Deltec se perseel gryp hy die selfoon, en gaan uit waar hy vriendelik vir Pierre groet en wegloop. Op daardie tydstip het Pierre nie onraad vermoed nie.
“Ons was almal in die kantore, net nie op daardie tydstip by die area waar hy die foon gevat het nie.”
As enigiemand hom herken op die foto’s, skakel Henning by 072 338 1130.


