Middies groet hul hoof wie se missie dit was om ’n verskil te maak
Stronkie was nie net die langdienende hoof by Middies nie, sy nalatenskap is ’n skool wat ’n monument is vir die hele Suid-Afrika.
Hoërskool Middelburg het Vrydagaand afskeid geneem van die hoof, mnr. Johan Stronkhorst.
Oud-redakteur van die Middelburg Observer, Tobie van den Bergh, was die gasspreker tydens die geleentheid.

Hy het uitgebrei oor die besondere vertrouensverhouding wat in die 24 jaar tussen hom en mnr. Stronkhorst gevorm is.
Mnr. Van den Berh het vertel hoe hy en mnr. Stronkhorst verskeie uiters sensitiewe situasies hanteer het in belang van die skool en die gemeenskap. Daar is onder andere verwys na die Classic Clashes wat tydens die skool se eeufeesviering afgelas is.“Seker die grootste teleurstelling in sy loopbaan was toe die jaarlikse derby afgestel is tydens Hoërskool Middelburg se eeufeesjaar. Dit sou sy absolute hoogtepunt gewees het. Hy het jare daarvoor beplan.“Daar was vele vergaderings in my kantooor en hy het hand en tand baklei om die sportweek te red.
“Na ’n laaste vergadering is daar vir ons gesê die derby sal voortgaan, net om ’n halfuur later gebel te word met die nuus dat die dag af is.
“Dit moes hom vir ewig verbitterd gelaat het. Tog is hy instrumenteel dat Middelburg weer hierdie wonderlike sportweek kan beleef. Hy verdien om voor volgende jaar se derbydag daarvoor vereer te word, want Middelburg weet nie hoe ’n groot rol hy gespeel het om die week moontlik te maak nie.”
Mnr. Van den Bergh het gesê wanneer mens terugkyk op die lewe en loopbaan van mnr. Stronkhorst kan jy nie anders as om ’n Hoër Hand daarin te sien nie.
Sy laerskool loopbaan by Laerskool Louw Geldenhuys in Linden.
Sy kapteinskap vir Transvaal se laerskole span in die 1976 Cravenweek waar die Springbok Wahl Bartmann onder hom speel en die wen van die week met ’n 3-0 oorwinning oor Noord-Transvaal.
Hoërskool Randburg en weer in 1981 gekies vir die Transvaal Cravenweek span met Bartmann hierdie keer sy kaptein.
Universiteit van die Vrystaat waar hy en medies nie maats is nie en hy los dit vir sy boeties Theo en Mel wat albei nie net dokters word nie, maar soos mnr. Stronkhorst Transvaal op die rugbyveld verteenwoordig het.Weermag by die mediese korps in Pretoria.
Terug na Kovsies om vir verskeie Vrystaatspanne eers op flank en later op voorry uit te draf. “Rugbykennis wat hom later goed te pas kom”.“Sy onderwysloopbaan wat by HTS Louis Botha begin ’n skool wat met blou en rooi truie speel, nogal ironies nê? Rooi en blou!”
Sand du Plessis in Bloemfontein vir twee jaar
In 1995 departementshoof by Gekombineerde Skool Hendrina en daarna hoof op Vrede.
“Toe hy in 2000 aangestel word as hoof was Hoërskool Middelburg elke week na onaangename voorvalle op die Middelburg Observer se voorblad.
“Daar was 580 leerlinge in die skool (vandag is daar 1400), die finansies was beroerd en daar was nie genoeg seuns om ’n o/14 span bymekaar te maak nie.
“Middies het daardie jaar selfs teen Reynopark verloor.
“Om die waarheid te sê het die skool nie ’n rugbywedstryd gewen nie.
“Dat hy van Vrede by Hoërskool Moeilkheid aangesluit het, wys dat hy nie wegdeins van uitdagings nie.
“So desperaat was die beheerliggaam en veral dr Nicus Botes toe mnr. Stronkhorst as hoof dokumente na die onderwys department stuur het hulle gesê hy is nog nie aangestel nie. Hy moes drie weke wag vir daardie aanstelling.
“Boonop moes hy in legendes soos George Claassen en Ockert Nel se voetspore volg.”
Aan die einde van 2000 berig die Middelburg Observer: “Middies boer vooruit”.
“Ons hoef nie uit te wei oor al sy prestasies nie, die gesonde finansies, die pragtige skoolterrein, akademiese en sportprestasies.
“Hoërskool Middelburg is ’n monument in Suid-Afrika uit byna niks gebou deur Johan Stronkhorst as hoof, puik personeel en ’n dinamiese beheerliggaam.”
Hy het gesê terugskouend beskryf John Quincy Adams se aanhaling mnr. Stronkhorst die beste: “If your actions inspire others to dream more, learn more do more and become more, you are a leader.”
* Van die onderstaande fotos is goedunstiglik geneem en verskaf deur Anri Prinsloo (van Jupiter and June Productions). Tobie het self ook ’n paar van die foto’s geneem.








