Duur toerusting uit ingeboude gereedskapkas agterop bakkie gesteel
Duur toerusting is gister uit 'n gereedskapkas agterop 'n bakkie gesteel.
Kristo Pretorius bied ‘n beloning aan vir die persoon wat toerustig, wat gister uit sy gereedskapkas gesteel is, aan hom kan terugbesorg.
Hy meld dat hy gister tussen 10:00-11:00 by drie besighede gestop het en dat die booswigte die toerusting uit die gereedskapkas agterop die bakkie gesteel het.
Kristo ry met ‘n rooi Ford Ranger met hul maatskappynaam op die bakkie. Die gereedskapkas is ingebou agterop die bakkie.
“Dit is ‘n 3/4″ Milwaukee Battery Impact, ter waarde van R30 000 wat gesteel is.” Op die meegaande foto’s kan gesien word hoe die toerusting lyk.
Hy vra dat indien die dief dit probeer verkwansel of enigiemand moontlik inligting het waar die toerusting is, dat hulle hom sal skakel by 076 842 3977.

